
Orania Gaan Groot
Eendag Afrikaanse musiekfees in Orania met groot name, kosstalletjies en βn biertent
Orania Gaan Groot 2026: Grootste name terug op grootste verhoog in die Noord-Kaap!
Orania Gaan Groot bring jaarliks in September van die grootste name in Afrikaanse musiek bymekaar op die grootste verhoog by die grootste Afrikaanse musiekfees in die Noord-Kaap. Vanjaar is geen uitsondering nie. Orania CVO-skool, wat vanjaar diΓ© jaarlikse fees vir die vyfde keer aanbied en die 5de Orania Gaan Groot vier, beplan βn musiekfees soos wat ons streek nog min gesien het.
Behalwe vir βn reuse verhoog en die beste sangers, klank en beligting sal daar ook heerlike kosstalletjies, βn biertent en βn groot verskeidenheid uitstallers wees. Die rugbytoets tussen Suid-Afrika en die All Blacks sal vanaf 17:00 regstreeks op die groot skerm vertoon word. Kom kuier saam met ons. Vanjaar se kunstenaars is Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Demi-Lee Moore, Chris Steyn en ONS! Kry jou kaartjie NOU!
What about tryingβ¦
Things we don't show you yet, but that are buzzing near you.
