
Moederkerk-orrelweek: Arnold Miller
Kort orgelkonsert tydens Moederkerk-orrelweek met Arnold Miller en gaste wat marse en chaconne uitvoer
Arnold Miller
Opwindende 19de eeuse marse van Jacques Nicolas Lemmens en Alexandre Guilmant en Ć 20ste eeuse mars van William Matthias word gebalanseer deur Ć rustige cantilena van Josef Rheinberger en Ć vrolike chaconne van Pachelbel. Miller is die orrelis van die Nuwe Apostoliese Kerk De Kuilen.
Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap. Met Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg en Andrea Kaiser-Mitas. Koördineerder: Zorada Temmingh. Een van die gewildste orrelwerke is marse, meestal as gevolg van die aansteeklike ritme en omdat marse die krag van die orrel feestelik ten toon stel. Elke orrelis se program bevat minstens twee oorspronklike marse vir orrel. Dans word ook ingesluit, veral dié wat hoogtrappassies vereis. Die besondere Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en close-ups van die orrelis se hande en voete sal op skerms vertoon word.
Vanjaar se orreliste is van Stellenbosch, Kaapstad en Pretoria. Ondersteun deur die Moederkerk Stellenbosch.
To samo miejsce: Moederkerk
6A moĆŒe sprĂłbujesz âŠ
Rzeczy, ktĂłrych jeszcze nie pokazujemy, ale ktĂłre dziejÄ siÄ blisko ciebie.






