
RAAF: Van toe tot nou
Met Esté, Lourens, RAAF
Gesellige konsert van RAAF wat hul storie en nostalgie van 2010 tot nou deel
Kom ervaar waar alles begin het vir Lourens en Esté van RAAF. As twee jong universiteitstudente begin hulle in 2010 die Bottomless Coffee Band in Lourens se koshuiskamer. In 2022 vier hulle by die Toyota Stellenbosch Woordfees ’n volsirkel-oomblik toe hulle hul naam verander na die betekenis van hulle van, RAAF.
Kom beleef dié lewensveranderende energie en nostalgie van toe tot nou by ’n gesellige konsert vol sameswyn vir almal wat glo die goeie ou dae is nóú.
Produksiebestuur: El Vannemé-Bekink Klankingenieur en verhoogbestuur: Rodger Lionel Bruiners Beligtingsontwerp en tegniese bestuur: Reinhardt Coetzee
Artiesten
Zelfde locatie: The Daisy Jones Bar
5Iets nieuws proberen?
Wat we je nog niet tonen, maar wat leeft bij jou in de buurt.





