
Jeanne vertel
zaterdag 10 oktober · 16:00
Tot 17:00
39 Ryneveld St, Stellenbosch Central, 7600, South Africa
🇳🇱NL
Voorstelling en gesprek oor Jeanne Goosen met Winnie Rust Nel en ’n nabespreking van haar nagelate publikasies.
Aangebied deur Hemel & See
Jeanne vertel stel die boekliefhebber bekend aan een van die gewildste skrywer-digters in Afrikaans. Wyle Jeanne Goosen (vertolk deur Winnie Rust Nel) gaan, asof sy steeds mét ons is, op haar rusbank lê en gesels oor haar lewe, haar liefdes en haar werk.
Daarna sal Nini Bennett met Petrovna Metelerkamp gesels oor die publikasie van die boeke wat ná Goosen se dood in 2020 verskyn het: Los gedagtes, Het jy geweet ek kan toor, ’n Lewe vol sinne, Sneeu in die Karoo en die jongste, Jeanne vertel, ’n versameling van hoofsaaklik ongepubliseerde prosa.
Zelfde locatie: EasyEquities Skrywerskamer
12Iets nieuws proberen?
Wat we je nog niet tonen, maar wat leeft bij jou in de buurt.












