
Die oorkant
woensdag 7 oktober · 10:00
Tot 11:00
39 Ryneveld St, Stellenbosch Central, 7600, South Africa
🇳🇱NL
Annemarié van Niekerk praat met Cintaine Schutte oor Die oorkant, herinneringe en die genesende krag van die natuur
Aangebied deur Tafelberg
Annemarié van Niekerk het in 2023 opslae gemaak met haar memoires Onder ‘n bloedrooi hemel, wat ook in ’n baie suksesvolle teaterproduksie verwerk is. Nou is sy terug met ‘n roman: Die oorkant vertel die verhaal van Ada wat noodgedwonge van haar grootwordplaas moet weggaan, maar dan ná twee dekades terugkeer en deur daaroor te skryf die skimme van haar verlede probeer tem.
Cintaine Schutte gesels met Van Niekerk oor die boek, stories en die genesende krag van die natuur.
Zelfde locatie: EasyEquities Skrywerskamer
12Iets nieuws proberen?
Wat we je nog niet tonen, maar wat leeft bij jou in de buurt.












