
Eugene
Teateradaptasie van Kirby van der Merwe se roman: ’n poëtiese verkenning van gemarginaliseerde manlikheid en trauma.
Met Carlo Daniels, Lynette du Plessis, Kirby van der Merwe
Eugene, gegrond op Kirby van der Merwe se veelbekroonde roman, is ’n rou en poëtiese portret van ’n man wat tussen wêrelde leef. Streetwise maar skynbaar upper middle class is Eugene ’n flaneur, soeker, minnaar en verlore seun – ’n hardegat randfiguur wat die kuns bemeester het om werklik te sien.
Die produksie ondersoek gemarginaliseerde manlikheid, geestesgesondheid en trauma, en belig temas soos liefde, haat, vertroue, verraad en vergifnis. Met Brechtiaanse vervreemding as ondertoon word sy reis ’n soektog na integriteit en menslikheid te midde van onreg en wanhoop.
Eugene is aangrypend, stylvol en onvergeetlik. Regisseur Nico Scheepers Skrywer Saartjie Botha. ’n Ko-produksie van die Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees en Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC), The Jobs Fund en Het Jan Marais Nationale Fonds.
Même lieu : Adam Small-laboratorium
6Et si vous tentiez …
Des envies qu'on ne vous montre pas encore, mais qui bougent près de chez vous.






