
Elke briljante ding
Intieme Afrikaans-vertolking deur Albert Pretorius van Duncan Macmillan se Every Brilliant Thing oor liefde en verlies
DEBUUT
Met Albert Pretorius
In Nico Scheepers se nuwe Afrikaanse vertaling van Every Brilliant Thing, Duncan Macmillan se wêreldbekende teaterervaring, vertolk Albert Pretorius ’n kind wat probeer om sy ma se hartseer te verstaan en dan ’n lys begin maak van alles wat die lewe die moeite werd maak.
Wat begin as ’n eenvoudige inventaris, groei oor jare tot ’n ontroerende, skreeusnaakse en diep menslike verhaal oor liefde, verlies, familie en die klein dinge wat ons aan die lewe hou.
Dis ’n intieme, hartroerende en bittersnaakse produksie oor hoop, geheue en alles waaraan ons kies om vas te hou.
Vervaardiger Jeff Brooker Productions
Regisseur en vertaling Nico Scheepers
Skrywers Duncan Macmillan met Jonny Donahoe
Même lieu : Adam Small-laboratorium
4Et si vous tentiez …
Des envies qu'on ne vous montre pas encore, mais qui bougent près de chez vous.




