
OPSKOP
¿Es tu evento?
Quicket · Cape Town
Tyd vir ’n Lekker OPSKOP!Kom Ons Dans, Leon van PlaasDans en die KZN Dansklub span saam en bring vir jou ’n aand vol lekker musiek, lekker dans en lekker kuier.Wees gereed om lekker te dans op musiek van die ou dae tot nou. Ons gaan jou besig hou met alles van ’n wals tot ’n losdanstreffer – ’n ietsie uit die 60’s, 70’s, 80’s, 90’s en 2000’s, tot gister se nuwe treffers. As dit lekker dans, dan speel ons dit! Ons het ook lekker weggee pryse op die aand. Jy is welkom om jou mandjie saam te bring met ietsie vir die keel en iets om aan te peusel. Daar is ook ’n kontantkroeg beskikbaar as jy eerder daar iets wil koop. Kaartjieverkope: Slegs aanlyn teen R100 per persoon.(Dit help ons om tafels en getalle by die dans te beheer en sodoende te voorkom dat dit oorvol en ongemaklik raak.) Plek: KZN Dansklub, Markstraat, Bellville, KaapstadDatum: Dinsdag, 15 Desember 2026 (Woensdag is ’n vakansiedag!)Tyd: Deure maak 19:00 oop | Dans begin 20:00Kleredrag (Dress code): Netjies en gemaklikDrank: Jy is welkom om jou eie drankies saam te bring; ’n kontantkroeg is ook beskikbaar. (Geen drank op die dansvloer nie.)Kos: Jy is welkom om jou eie kos saam te bring, maar versnaperinge (snacks) sal ook te koop wees.Ouderdom: Geen onder 18’s (ID op aanvraag).Belangrike reëls en inligting:Paartjies en enkellopendes (couples & singles) is welkom.Tafels kan slegs tot 20:00 gehou word.Beperkte kaartjies beskikbaar.Geen wangedrag sal geduld word nie – jy sal gevra word om die dans te verlaat indien jy nie jou drank kan hanteer nie.Reg van toegang voorbehou. Toegang op eie risiko. Whatsapp: 082 579 5902
