
Paneelbespreking: Die krag in kort | Independent Short Film: Aasvoëls
Panel discussion on the craft and power of short film paired with a screening of Dian Weys's Aasvoëls
ONAFHANKLIKE KORTFILMS | INDEPENDENT SHORT FILMS Die Silwerskermfees bou daarop voort om sy aanbod van onafhanklike kortfilms uit te brei. Tradisioneel was die meerderheid kortfilms wat by die fees vertoon is, geïnisieer, gefinansier en gementor deur die Silwerskermfees-kortfilmprojek. Hierdie jaar spog die fees weer met onafhanklike kortfilms deur plaaslike filmmakers in ’n verskeidenheid genres en tale. The Silwerskerm Festival builds on its offering of independent short films. Traditionally the majority of short films screened at the festival was initiated, financed and mentored by the Silwerskermfees Short Film Project. This year, yet again, the festival boasts independent short films by local filmmakers in a variety of genres and indigenous South African languages. Aasvoëls GENRE: Sosioriller | Social Thriller REGISSEUR | DIRECTOR: Dian Weys KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Pierre de Villiers DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Dian Weys ROLVERDELING | CAST: Edwin van der Walt, Jill Levenberg, Albert Pretorius, Oscar Petersen, Ndoni Khanyile, David Isaacs, Gershwin Mias, Dean Balie and Frank Opperman PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Insolence Productions, Electronic Roof Films OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 16 In die onsekere oomblikke ná 'n motorongeluk, voordat die owerhede opdaag, beskerm 'n heethoofdige dog desperate insleepwabestuurder sy voertuig verbete. Maar die situasie raak vinnig buite sy beheer. In the volatile moments after a car crash, before the authorities arrive, a hot-headed yet desperate tow truck driver fiercely protects his tow. But the situation quickly spirals out of his control. PANEELBESPREKING | PANEL DISCUSSION Die krag in kort Fasiliteerder: Muneera Sallies Paneel: Dian Weys, Wim Steyn, Jordy Sank, Dominique Jossie, Jozua Malherbe Die kortfilm is een van die rolprentkuns se uitdagendste maar ook lonendste formate. Hierdie paneelbespreking ontleed wat ’n goeie kortfilm laat werk: die bondigheid van storievertelling, die eiesoortige stem wat dit vereis, en hoekom dit steeds die vinnigste pad na internasionale erkenning vir opkomende rolprentmakers kan wees. Die gesprek, wat in tandem met ’n vertoning van Dian Weys se hoogaangeskrewe kortfilm Aasvoëls aangebied word, gaan vra hoekom kort inderdaad die kragtigste kan wees. The power of short Anchor: Muneera Sallies Panel: Dian Weys, Wim Steyn, Jordy Sank, Dominique Jossie, Jozua Malherbe Paired with a screening of Dian Weys's acclaimed Aasvoëls, this is a conversation about why small can hit hardest. FOLLOW US ON: Instagram Facebook Teken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter
