
Plektrum
Avec Anjulie Nock, Ingrid Howard, Mauritz Lotz, Peter Auret, Schalk Joubert, Tale Be Told Productions
Intieme theatermusiekvoorstelling waarin Mauritz Lotz vir die eerste keer oor sy lewe en loopbaan vertel
Met Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock, Peter Auret.
Mauritz Lotz het meer as 4 000 opnames op sy kerfstok, spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammy's. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van dié legende se lewe weet musiekliefhebbers min.
Nou lig Lotz vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent. Plektrum is ’n intieme, persoonlike produksie waarin hy vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend.
Die musikante wat die verhoog met hom deel, is die room van ons bedryf.
Vervaardiger: Tale Be Told Productions Regisseur en skrywer: Ingrid Howard Komposisie en musiekverwerking: Mauritz Lotz
Artistes
Même lieu : Drostdy-teater
9Et si vous tentiez …
Des envies qu'on ne vous montre pas encore, mais qui bougent près de chez vous.









